My Pragtige (effe mal) Kinders

Elke hen het haar koekoekie! Ek het 2!

Hulle is nie net mooi nie,hulle is skreeu snaaks en soms n bietjie getik!

Die oudste een (2jaar) is n self proclamed Kung Fu Panda/Ninja Warrior! Hy “wakhaaaa” en “Khiaaaa” van die more tot die aand.Partymaal wil hy ook “bully beatdown”(dis n program op TV waar bullies teen professionele “cage fighters” baklei in die hoop dat die bullies n les sal leer).Dan moet Pa net regstaan om ge-tackle te word en dan moet hy “uit-tap” voor hy gelos kan word.

My jongste is 9 maande en hy begin nou op sy eie staan.Dit beteken dat hy elke 3 minute omval en sy kop stamp.My man reken dis n goeie ding want dan kan ons spaar op Universiteits gelde aangesien hy te dom sal wees om te gaan swot.

Die ander dag na een van sy val-kopstamp-skreeu insidente snou ouboet hom net “walk it off , Seppie , walk it off” toe. Waarna EK n rol-op-die-grond-rond insident gehad het.

Hoekom “Tel tot Tien” ?

Afrikaans,wit en Suid Afrikaans…n tragiese kombinasie in die 21ste eeu!

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.